Thursday 12 April 2007

Naweek in Brighton

Ons was die paasnaweek Brighton toe en dit was great.
Ons het by die Holiday Inn gebly wat reg oorkan die see is, en mens kan oral heen loop.
Daar is 'n waterfront amper soos in Kaapstad met winkels en restaurante en waar almal hulle bote bere wat hulle nooit gebruik nie.
Die Brighton pier het rides en restaurante en deck chairs - Mieke was uit haar nate - veral oor hierdie Barbie kar.


Dit was heerlik. Daar is ook 'n groot speelarea reg oorkant die hotel by die see, langs 'n pub/restaurant. So ons kon buite sit en ontspan met 'n bier terwyl Mieke vir ure gespeel. Silke het ook die sand en die glyplank baie geniet. Sy hou lyk my baie van die smaak van sand!!


Brighton is baie bohemian en relaxed, met vreeslike oulike winkels en baie om te doen. Maar die britte is baie snaaks, sodra die son skyn, al is dit maar 'n yl ou wintersonnetjie, is dit af met die hemp en die kinders hardloop kaalgat rond. O wee...

No comments: