Saturday 12 June 2010

Ons vakansie in Le Marche, Italie

'Bongiurno, uno cuppachino decaffinato.'  Hier moes ons vinnig Italiaans leer want die locals verstaan nie 'n woord Engels nie.  Ek kon eintlik net sowel Afrikaans gepraat het.

Maar wonderskoon - selfs uit die vliegtuig se venstertjie net nadat ons geland het kon ek groene heuwels en bruin teeldak plaashuise sien - tipies Toskaans maar hierso seker Marchiaans?

Op pad na ons villa (genaamd Il Tesoro) kon ons sneeu op die Siblinni berge in die verte sien, en dis dieselfde uitsig wat ons elke dag op ons stoep begroet het.  Ons moes eers wag vir die winkels om weer 16:30 oop te maak voor dat ons kon gaan kos koop, maar wat 'n plesier was dit nie.  Die kinders het elkeen 'n klein trolletjie gekry waarmee hulle in die gange rondgejaag het terwyl ons onself verstom oor die goedkoop wyn in 5 liter kanne en die mooiste groente en vrugte - rooier tamaties het ek nog nerens gesien nie.  En alles kom van Italie.



Terug by die huis het Mieke die swembad begroet terwyl ons 'n hout vuurtjie gemaak het vir die vleis wat die slagter vir ons gekies het - weet nie wat dit was nie maar te lekker.  Alles dinge wat miskien normaal was elke naweek in Suid Afrika maar wat nou 'n skaars treat is vir ons.

Elke oggend het ons vroeg die kronkel bergpaadjies aangedurf en die heuweldorpies besoek - Sarnano was veral pragtig en daar was 'n mark aan.  Ek het 'n romp en toppie vir my en rokkies vir die kinders gekoop alles vir 12 euros!!  Ons het pizza geeet vir middagete (5 euros vir 'n groot pizza) en gekyk hoe die italiaanse kinders se skool uitkom en hulle met bussies en scooters daar wegtrek vir middagete en siesta by die huis. 


Ons het ook groter stede soos Ascoli Piceno met sy blink travertine plein en die universiteitsdorp Macerate met sy interessante 'carriage museum' waar ons op 'n 'virtual carriage ride' kon gaan.

'n Gunsteling was ons tweede naaste dorpie Servigliano - die beste plek vir gelato en 'n duur glasie wyn in die aande terwyl die kinders in die plein speel.  Hier het ons Mieke haarkapper toe gesleep waar ek met handgebare beduie het hoeveel hare sy van my knorrige kind moes afsny.



Ons naaste dorpie was Santa Vittoria in Matenano en hier het ons twee keer by Hotel Farfense se kelder restaurant gaan eet.  Die eienaar is vreeslik vriendelik en groet ons elke keer met die hand.  Dit was die eerste keer 'n stryd om kos te bestel want alles is in Italiaans en hy kon nie 'n woord Engels verstaan nie, maar gelukkig het ons 'n boekie gehad wat ons baie gehelp het.  En die feit dat hy verstaan het dat Mieke wil plain spaghetti he - mens noem dit spaghetti bianco - white spaghetti.  Die plekkie is vreemd - een oomblik doodstil en die volgende gepak met italianers.  Ek het een aand die haas probeer tot Mieke se onsteltenis en dit was nogal heel lekker!!  Die wyn was oral in Italie 5 euros vir 'n halfliter in restaurante wat baie redelik is - ons het baie liters geniet!



Ongelukkig is dit nou slaaptyd - sal more weer verder vertel!!!