Thursday 30 October 2008

MIEKE SE 7DE VERJAARSDAG





















Mieke het Sondag die 26ste Oktober verjaar - ek kan nie glo my baby is al sewe nie...







Ons het vir haar 'n klein lessenaartjie en stoel gekoop vir haar verjaarsdag (onder andere - so wreed is ons darem nie) en Werner het dit Saterdagoggend terwyl sy by Stagecoach was al grommende aanmekaar geslaan. So toe sy wakker word Sondag was dit in haar kamer met nog 'n persent bo op - sy was baie happy. Sy het ook 'n wekker gekry en Pixelchix babysitter game en 'n Disney prinses kasteel en perd wat my twee ure gevat het om op die slaan (hier in $%$£ Engeland moet mens friggen alles jouself opslaan!)

Toe bak ek gou twee baksels sjokolade muffins in die blommetjie muffinpan wat ek by my buurvrou by nommer 8 geleen het - dis so cute - 'n silicone pan met daisy en roos vorms. Toe dust ek dit met versiersuiker - dit lyk so mooi alhoewel ek nie dink dat die kiddies dit veel waardeer het nie!

Ek het Vrydag al haar koek gebak (ingeval dit flop en ek gou 'n winkelkoek moes gaan koop het) en dit het baie mooi uitgekom - nie sleg vir 'n eerste poging nie! Ek het die versierings en icing vir haar koek by 'n 'cake decorating' website gekoop - hier kan mens mos alles en nog wat oor die internet koop. So dit was pienk en pers en groen icing, klaar reg om uit te rol, en pers vere en goue sterre en balletjies. Die koek was sommer 'n boks sjokolade koek wat ek gebak het en die boonste twee lae twee kleiner koeke wat ek gekoop het en kleiner gesny het.

Ek het soos gewoonlik weer bietjie dol gegaan met haar partytjie (Venetian Mask Party), maar ek het besluit ek gaan dinge my way doen en nie worry oor wat almal gaan dink nie.

Ons het 'n saal hier naby ons gehuur en dis nice want dis kleinerig met 'n mooi uitsig op die park. Ons het groen en pienk en goue ballonne opgeblaas en ek het mardi gras tema versiering opgesit en die tafel ook so versier met goue krale en al. Ek het iemand gekry om saam met hulle goue venetian maskers te versier en vir party bags het ek klein pienk organza sakkies met sjokolade muntstukke gevul en ook vir elkeen 'n goue ladybird hangertjie (met 'n horlosie as jy die vlerke oopvou) ingesit. Dit lyk seker vreeslik duur maar ek het dit op Ebay van China af bestel vir £15 vir 10 van hulle wat glad nie sleg is nie (dankie Ebay).


Soos gewoonlik was die oomblik vir Mieke net te groot - eers het sy gehuil omdat sy 'n game verloor het, en toe gee die vrou vir haar 'n persent toe huil sy eers. Ek vra vir haar toe hoekom huil sy toe se sy want sy is so happy! Dit maak alles die moeite werd....


Tuesday 21 October 2008

Ditjies en Datjies
















Ek so trots op my twee dogters!! Eerste my baby - Silke het die naweek die eerste keer op die toilet gepoo so ons vorder stadig maar seker met die potty training.



En Mieke my groot meisiekind het begin boeke lees!! Natuurlik lees sy al lankal, maar sy het nou ontdek dat sy properse boeke kan lees, met baie bladsye sonder prentjies. Sy het klaar een boek klaar gelees en is nou besig met haar tweede een 'Worst Witch' of so iets. Sy lees nou in die aande skelm en ek is so bly dat ek haar nie keer nie. Want ek onthou toe ek klein was en dit gedoen het en 'n nuwe wereld ontdek het in boeke.

Maar sy is funny sy wil nie in die dag lees nie, wag tot laat in die aand wanneer sy eintlik moet slaap!


Ons het laas naweek bietjie in die woud gaan stap en dis so mooi met die herfskleure. Ons het lekker baie helder sonskyndae, alhoewel dit maar 14C buite is. Maar solank die son skyn is dit great - Mieke look kaalarms rond in sulke weer!! Ek het nog nie so goed aangepas nie en dra my baie dik baadjie.



Verder het Mieke vandag 'n Pirate party by die skool gehad en was the cute met haar pirate hoed en eyepatch ''Harr harr!!' Hulle het blykbaar niks werk gedoen nie en heeldag net speletjies gespeel en chips en koekies geeet!! Wel die skool sluit more so dis okay...



Ek is nou Blue Class se Rep (laas jaar se rep het my genag en ek kan mos nie nee se nie) - wat beteken ek is op die PTA en ek moet belangstel in dinge soos cake sales en coffee mornings en aan exciting idees dink vir fondsinsameling - o weeeeee... Ek hou net niks van die storie nie. Al wat ek van hou is om e-mails uit te stuur want dan hoef ek nie met iemand te praat nie. Maar nou ja dit forseer my om te socialise want natuurlik moet die staf rep by elke okkasie en nog wat wees.

Die ingelse begin nou bietjie minder op my senuwees werk en ek moet se ek hou van hulle ordentlikheid en ordelikheid. Behalwe anderdag by die boekwinkel toe die klein snip van 'n winkelassistent nie vir my 'n sker wou gee om 'n persent toe te draai nie en toe ek vra of ek 'n liniaal kan gebruik toe se sy ek moet een koop!!! Ek was lanklaas so kwaad - ek wou vir haar se dat die sker baie minder kwaad sal doen as die woede uitbarsting wat sy veroorsaak het.
Sondag is Mieke se verjaarsdag en ons hou haar partytjie Sondagmiddag - so wish me luck!!