Tuesday 31 July 2007

Pret by Fishers Farm Park




Na 'n effense verdwaal kom ons by Fishers Farm Park. Gelukkig was dit vadersdag so Werner het verniet ingegaan. Die kinders (en grootmense) het groot pret gehad. Meer goed om te doen as diere, maar dit was 'n heerlike dag!


Sannette, Brian & Mia kom kuier









Dit was heerlik om weer vir Sannette hulle te sien, en Mieke en Mia was sommer dadelik weer groot vriende. Ons het baie geshop, rondgeloop en gekuier.

Ouma kom kuier





Ons het lekker gekuier, rondgery, vakansie gehou en in die downs gaan piekniek hou (wel soortvan). Die kinders het dit vreeslik geniet en Silkie was dadelik mal oor haar Ouma, al sien sy haar min.