Wednesday 24 October 2007

Kampeervakansie in Frankryk Augustus 2007






































Ons vakansie was fabulous!! Basiese akkommodasie (permanente karavaan) maar die kinders ws in hulle element - slides, swembaddens, speelplekke en die SEE!!





En ons was mal oor Concarneau en Quimper en Mont St. Michel. En natuurlik die SEE!


Dan was daar natuurlik die breton pannekoeke en cider en galletes (franse koekies wat smelt in jou mond) - yum.




En om groceries te koop in 'n Franse supermark is 'n belewenis. Alles is ... wel so Frans. So as jy nie die instruksies op die pakkie cous cous verstaan nie dan kan jy altyd iemand vra... maar raai wat - in Bretagne is die kans dat hulle Engels praat maar skraal. Ons kon darem iemand opspoor - hulle is baie vriendelik en altyd bereid om te help. O ja en geen bruin brood nie. Eintlik geen brood wat lyk soos 'n brood wat ons ken nie, net french loaves en croissants ens. Lekker vir vakansie ja.


Een ding wat waar is van Frankryk - die kos is delicious. Waarookal ons gegaan het, van die vulstasies langs die pad tot die stalletjies wat pannekoek verkoop tot 'n fancy seekosrestaurant - kos is defnitief hulle ding!



En wat lekker is van die kampeerdery is elke karavaan het kinders in, so Mieke het lekker maatjies gemaak en hulle het oor en weer gekuier. En by St. Pair (2de plek in Normandy) het sy 'n franse maatjie gemaak nogal. Waaroor hulle gepraat het weet ek nie...























Tuesday 31 July 2007

Pret by Fishers Farm Park




Na 'n effense verdwaal kom ons by Fishers Farm Park. Gelukkig was dit vadersdag so Werner het verniet ingegaan. Die kinders (en grootmense) het groot pret gehad. Meer goed om te doen as diere, maar dit was 'n heerlike dag!


Sannette, Brian & Mia kom kuier









Dit was heerlik om weer vir Sannette hulle te sien, en Mieke en Mia was sommer dadelik weer groot vriende. Ons het baie geshop, rondgeloop en gekuier.

Ouma kom kuier





Ons het lekker gekuier, rondgery, vakansie gehou en in die downs gaan piekniek hou (wel soortvan). Die kinders het dit vreeslik geniet en Silkie was dadelik mal oor haar Ouma, al sien sy haar min.

Friday 29 June 2007

Vakansie in Devon








Ons het by Finlake Holiday Park in Devon gebly, in 'n luxury forest lodge met 'n jacuzzi en sauna. Mieke het die jacuzzi so geniet dat ons net een keer swembad toe was. Ouma was saam so ons kon bietjie laat slaap (as Mieke ons nie kom pla nie)





Verder het ons Devon platgery en geloop en die volgende besoek:







Babbacombe Mini Village - tot met vuurspuwende groen draak op King Arthur se kasteel en mini Stone Henge.




Cantonteign Falls



Beach (of die engelse idee van)

Powderham Castle






Farm Park (Ek wil 'n varkie he...)

































Thursday 26 April 2007

Bocketts Farm


Hier was ons Bocketts Farm toe, dis heerlik vir die kinders met plaasdiere, klein trekkers om in te ry, groot speelareas binne en buite, al te lekker. Hulle het dit baie geniet, veral hierdie groot slides. Was natuurlik poegaai gespeel... Ek hoor nou hier naby is 'n ander een - Fishers Farm, wat nog nicer is....

Uitstappie na Wisley Gardens





Ons was Sondag RHS Wisley Gardens toe, wat net hier naby is. Dis amper soos botaniese tuine, maar nog groter met baie formele tipe tuine. Die kinders het geniet om rond te hardloop en dit was heerlik warm, amper te warm!!

Thursday 12 April 2007

Naweek in Brighton

Ons was die paasnaweek Brighton toe en dit was great.
Ons het by die Holiday Inn gebly wat reg oorkan die see is, en mens kan oral heen loop.
Daar is 'n waterfront amper soos in Kaapstad met winkels en restaurante en waar almal hulle bote bere wat hulle nooit gebruik nie.
Die Brighton pier het rides en restaurante en deck chairs - Mieke was uit haar nate - veral oor hierdie Barbie kar.


Dit was heerlik. Daar is ook 'n groot speelarea reg oorkant die hotel by die see, langs 'n pub/restaurant. So ons kon buite sit en ontspan met 'n bier terwyl Mieke vir ure gespeel. Silke het ook die sand en die glyplank baie geniet. Sy hou lyk my baie van die smaak van sand!!


Brighton is baie bohemian en relaxed, met vreeslike oulike winkels en baie om te doen. Maar die britte is baie snaaks, sodra die son skyn, al is dit maar 'n yl ou wintersonnetjie, is dit af met die hemp en die kinders hardloop kaalgat rond. O wee...

Hampton Court Palace


Hier was ons Hampton Court Palace toe, dit is amazing. Selfs om net in die tuine rond te loop is die moeite werd. Daar is 'n maize, groentetuin, blommetuin, fonteine en mens kyk uit op die Thames (ek dink) met swane en eende om te voer.


Binne is dit stunning, mens kan nie glo die luuksheid waarin die koninglikes gelewe het nie lank terug. Die toerleiers trek in tradisionele kostuum aan en maak of hulle nog steeds in daardie era is - time warp!


Die kombuis was 'n belewenis met groot potte stew wat prut en vleis wat orals hang - amazing!!! Baie realisties.



Mieke se Dinge



Sophie se Partytjie:


Hier was Mieke by 'n maatjie se partytjie (foto geneem by ons woonstel), en al die girls se hare is opgedoen en hulle is gemake up - enige dogtertjie se droom.


Die kinderpartytjies is baie anders - net gesonde kos en die koek word huis toe gestuur (ingeval die kind een of ander allergie of iets het). Die party bags het niks lekkergoed in nie, miskien een en die res speelgoed. Dit kos sekerlik 'n fortuin, want mens kan nie dit buite hou nie omdat die weer so goor is, so meeste mense huur 'n saal en 'n entertainer - gelukkig het ek nog tyd voor Mieke se partytjie!


International Day:
Almal moes aantrek soos iemand van 'n ander land. Ek het toe inderhaas 'n voortrekkerkappie gefatsoeneer uit die bib wat ouma vir Silke gemaak het (jammer ouma) en stysel. Dit het nie te sleg uitgekom nie, alhoewel sy dit natuurlik afgepluk het net nadat sy by die skool aangekom het.


Wednesday 11 April 2007

Pret met die kinders




Hier is ek en Silke in die sneeu buite ons woonstel, dit het haar heel verbaas.






Ons was Natural Science Museum toe in London, amazing met inligting oor alles van insekte tot dinosaurs. Wonderlik maar uitputtend! En baie besig.

Toe daarna nog Harrods toe ons teen daai tyd glad nie waardeer het nie.

Eerste Dae





Hier is ons eerste paar weke in Engeland. Silkie soos 'n eskimo gewrap op 'n dagtrip London toe - dit was vrek koud, Silke & Mieke in haar skoolklere net voor die groot dag, Mieke se skool - Pewley Down Infant School, en sneeu!!!
Die skole lyk almal nie na veel van buite af nie, maar binne is dit baie nice - computers, kreatiewe areas, biblioteek ens. Maar sport is nie hoog op die lys nie, net die seuntjies speel sokker so nou en dan wanneer dit nie reen nie. Meer dikwels seker in die somer. Hulle doen darem weekliks PE en gaan selfs in die vriesende koue uit om te speel. Ek loer dikwels vir hulle oor die muur as ek op pad is dorp toe en hulle speel buite.
Dit was die beste van alles. Dit het al twee keer gesneeu vandat ons hier gekom het, maar dit hou net 'n ruk, so teen middag as Mieke se skool klaar is (drie uur) dan is die sneeu ook weg, wat haar nie baie impress het nie. Maar dit is beautiful... Jammer ek weet nog nie hoe om die foto regop te kry nie.

Die Nelle in die UK


Ons het in January 2007 Engeland toe getrek, bly tans in Guildford met ons twee dogters, Mieke (5) en Silke (1).
Werner werk tans meestal in Holland, en ek, Claudine, bly tuis, maak huis skoon en sit wakker op die internet. Of wakker met Silke wat nog ses keer 'n nag wil om borsvoed.
Ons bly 100 m van Mieke se skool af (Pewley Down Infant School) en 200 m van die Downs wat amper soos 'n natuurreservaat is en omtrent 1km van Guildford se dorp, so dis baie sentraal en pas ons perfek.
So hier is ons storie....