Wednesday 11 April 2007

Eerste Dae





Hier is ons eerste paar weke in Engeland. Silkie soos 'n eskimo gewrap op 'n dagtrip London toe - dit was vrek koud, Silke & Mieke in haar skoolklere net voor die groot dag, Mieke se skool - Pewley Down Infant School, en sneeu!!!
Die skole lyk almal nie na veel van buite af nie, maar binne is dit baie nice - computers, kreatiewe areas, biblioteek ens. Maar sport is nie hoog op die lys nie, net die seuntjies speel sokker so nou en dan wanneer dit nie reen nie. Meer dikwels seker in die somer. Hulle doen darem weekliks PE en gaan selfs in die vriesende koue uit om te speel. Ek loer dikwels vir hulle oor die muur as ek op pad is dorp toe en hulle speel buite.
Dit was die beste van alles. Dit het al twee keer gesneeu vandat ons hier gekom het, maar dit hou net 'n ruk, so teen middag as Mieke se skool klaar is (drie uur) dan is die sneeu ook weg, wat haar nie baie impress het nie. Maar dit is beautiful... Jammer ek weet nog nie hoe om die foto regop te kry nie.

No comments: