Thursday 12 April 2007

Mieke se Dinge



Sophie se Partytjie:


Hier was Mieke by 'n maatjie se partytjie (foto geneem by ons woonstel), en al die girls se hare is opgedoen en hulle is gemake up - enige dogtertjie se droom.


Die kinderpartytjies is baie anders - net gesonde kos en die koek word huis toe gestuur (ingeval die kind een of ander allergie of iets het). Die party bags het niks lekkergoed in nie, miskien een en die res speelgoed. Dit kos sekerlik 'n fortuin, want mens kan nie dit buite hou nie omdat die weer so goor is, so meeste mense huur 'n saal en 'n entertainer - gelukkig het ek nog tyd voor Mieke se partytjie!


International Day:
Almal moes aantrek soos iemand van 'n ander land. Ek het toe inderhaas 'n voortrekkerkappie gefatsoeneer uit die bib wat ouma vir Silke gemaak het (jammer ouma) en stysel. Dit het nie te sleg uitgekom nie, alhoewel sy dit natuurlik afgepluk het net nadat sy by die skool aangekom het.


No comments: