Tuesday 21 October 2008

Ditjies en Datjies
















Ek so trots op my twee dogters!! Eerste my baby - Silke het die naweek die eerste keer op die toilet gepoo so ons vorder stadig maar seker met die potty training.



En Mieke my groot meisiekind het begin boeke lees!! Natuurlik lees sy al lankal, maar sy het nou ontdek dat sy properse boeke kan lees, met baie bladsye sonder prentjies. Sy het klaar een boek klaar gelees en is nou besig met haar tweede een 'Worst Witch' of so iets. Sy lees nou in die aande skelm en ek is so bly dat ek haar nie keer nie. Want ek onthou toe ek klein was en dit gedoen het en 'n nuwe wereld ontdek het in boeke.

Maar sy is funny sy wil nie in die dag lees nie, wag tot laat in die aand wanneer sy eintlik moet slaap!


Ons het laas naweek bietjie in die woud gaan stap en dis so mooi met die herfskleure. Ons het lekker baie helder sonskyndae, alhoewel dit maar 14C buite is. Maar solank die son skyn is dit great - Mieke look kaalarms rond in sulke weer!! Ek het nog nie so goed aangepas nie en dra my baie dik baadjie.



Verder het Mieke vandag 'n Pirate party by die skool gehad en was the cute met haar pirate hoed en eyepatch ''Harr harr!!' Hulle het blykbaar niks werk gedoen nie en heeldag net speletjies gespeel en chips en koekies geeet!! Wel die skool sluit more so dis okay...



Ek is nou Blue Class se Rep (laas jaar se rep het my genag en ek kan mos nie nee se nie) - wat beteken ek is op die PTA en ek moet belangstel in dinge soos cake sales en coffee mornings en aan exciting idees dink vir fondsinsameling - o weeeeee... Ek hou net niks van die storie nie. Al wat ek van hou is om e-mails uit te stuur want dan hoef ek nie met iemand te praat nie. Maar nou ja dit forseer my om te socialise want natuurlik moet die staf rep by elke okkasie en nog wat wees.

Die ingelse begin nou bietjie minder op my senuwees werk en ek moet se ek hou van hulle ordentlikheid en ordelikheid. Behalwe anderdag by die boekwinkel toe die klein snip van 'n winkelassistent nie vir my 'n sker wou gee om 'n persent toe te draai nie en toe ek vra of ek 'n liniaal kan gebruik toe se sy ek moet een koop!!! Ek was lanklaas so kwaad - ek wou vir haar se dat die sker baie minder kwaad sal doen as die woede uitbarsting wat sy veroorsaak het.
Sondag is Mieke se verjaarsdag en ons hou haar partytjie Sondagmiddag - so wish me luck!!





No comments: