Monday 7 February 2011

Silke willie skool toe nie...

Dis nou elke dag se storie, sy staan vrolik op, eet haar ontbyt, trek aan en huppel kar toe.  In die kar raak sy stiller en stiller en nadat ons vir Mieke afgelaai het en by haar skool stop is sy tjoepstil.

As ons in die klas inkom dan begin sy aan my klou - eers was dit aan my hande en arms en bene maar vandag het sy haar arms om my lyf gegooi en geklou asof haar lewe daarvan afhang.

'I want to come with you, Mummy' is al antwoord wat ek kry en maak nie saak wat ek se of doen nie sy wil nie laat los nie.

Dan moet haar arme juffrou kom mooi praat en help trek en die se geduld is ook nie nimmereindigend nie.

As ek vir haar vra hoekom hou sy nie van skool nie dan se sy sy want sy moet reading en numbers doen en sy hou nie daarvan nie en almal anders kan dit doen behalwe sy.  Ek probeer verduidelik maar ek dink nie sy luister nie...

So vandag toe skryf ek 'n tragiese email vir die juffrou oor hoe erg dit is vir my en wat kan ons doen om haar te help en oor hoe my arme bloedjie nagmerries kry in die aande en in die middae omvalmoeg is.

Halftwee toe moet ek skool toe om saam met Reception na Mieke se junior skool toe te loop.  Ek kom in die klas en madam sien my nie dadelik nie  - sit te heerlik op die mat en speel 'n handjiesklap speletjie met haar beste maatjie Amira.  Laggies en giggels en geselsies.  'Silke your mummy is here!' roep haar ander maatjies 'n paar keer voor sy hoor en toe sy my sien is haar ogies groot en sy wil net weer haar Mamma he en by haar wees.

Ja so ek weet nie.  Sy mis my en ek mis haar en ek voel dis vreeslik om 'n vierjarige so lank elke dag skool toe te stuur.  En dan moet ons nog in die aande sit en lees en letters leer so ek weet nie wanneer daar tyd is vir speel nie.  Maar sekerlik geniet sy haar maatjies en hulle speel tog heeltyd by die skool?

So nou het ek Donderdag 'n afspraak met haar juffrou wat seker dink ek is nuts want volgens haar is Silke heel gelukkig by die skool.  Net jammer haar Mamma is so eensaam alleen by die huis!!

1 comment:

Ani said...

Hi

Dit is baie erger vir ons mammas as vir die kleuters. Ek was 'n kleuterskooljuffrou, en het gesien hoe die kleuters in die oggende aan die mammas vasklou en huil, en die mammas gaan met nat ogies by die deur uit. Maar 2 minute laters speel die kleuters, en is alles doodreg, terwyl die mammas "struggle" met elke oggend se groetery. Hou moed, dit raak beter, al bly die verlange na ons kleuters by die huis altyd daar.