Thursday 16 September 2010

Kan ons asseblief tog iewers warmer heen trek??

Na 'n dol week het ek en my dogters vanaand 'Marley and me' gekyk en ek en Mieke het natuurlik ons oe uitgehuil op die einde en sy was baie kwaad dat ek so 'n hartseer fliek gekry het.  Silke was inteendeel glad nie hartseer nie maar het darem vir ons miniatuur toiletrolstukkies aangedra.

Wat my egter getref het van die fliek is hoe maklik die familie hulle self oppak en iewers anders heen trek wanneer hulle wil.  Groter huis, ander plek, elke drie jaar of so.

Wat presies is wat ons altyd in Suid Afrika gedoen het.  Elke twee jaar om die waarheid te se.  En selfs om hiernatoe te trek was easy peasy, neem besluit, kry werk, kry visa, vlieg Engeland toe, huur woonstel, koop huis(ie). 

Nou is dit amper vier jaar later en ons is 'stuck'.  Kan nie terug nie, kan nie vorentoe nie.  Meeste van die tyd is ek nogal tevrede met die stand van sake.  Maar dan kyk ek flieks van mense wat trek na warmer streke want hulle wil, na groter huise met swembaddens en honde.  En my kind kry 'n maatjie maar daar is nerens plek om regtig te speel nie, nie plek vir 'n swaai of 'n trampolien nie.  Dan trek my keel toe van benoudheid want hier sit ons nou en my kinders word groot en hulle mis uit op lekker kindwees.  Mis uit op boomklim en in jou eie swembad te swem en waatlemoen te eet en met jou hond te speel. 

En ja hulle geniet skool en dis seker nie regtig belangrik nie en ons het 'n huis en verken die wereld vol.  Dit moet tog genoeg wees, hoekom kan dit nie genoeg wees nie...

No comments: