Saturday 22 March 2008

Lawwigheid in die nuwe huis - November 2007








Hier is ons by die nuwe huis - let wel die netjiese fotos was voor ons ingetrek het.
Mieke en Silke met skoenlappervangnette oor hulle koppe en Silke se borsvoed manewales - o wee, die kind is amper twee!!
In elk geval ons huis (of ons helfte van die huis - ons semi-detached wat beteken ons is vas aan 'n ander huis) is vrek klein, maar die tuin en die loft maak op vir die gebrek aan spasie. Alhoewel ons nou nog nie veel tyd in die tuin spandeer nie. Dis tog lekker om te sien dis daar. Partykeer trek ek vir Silke warm aan dan laat ek haar bietjie buite rondhol terwyl ek van binne af kyk - sy het defnitief al beter geaklimatiseer as ek. Of dis dalk maar net kinders se aangebore taaiheid wat maak dat hulle nie die koue voel nie.
Werner spandeer weer baie tyd in die loft. Ek dink hy wens hy kan vir hom 'n blyplekkie daar bo maak om weg te kom van al die vroumense af!!
Silke was 'n engel in haar kleuterskool se kerskonsert - wat 'n grap!! Sy lyk dalk soos 'n engeltjie maar stout!

No comments: