Saturday 22 March 2008

Eerste Kersfees in Engeland




Kersfees was heel rustig. Theresa (Werner se tannie) het vir ons kom kuier, so ons het bietjie by die Southbank gaan rondloop en Engeland se Nando's ontdek. Wat nicer is as Suid Afrika s'n (uiteindelik iets wat beter is hier).


Die koeldrank en frozen yoghurt is bottomless wat lekker is as jy twee kinders en twee lekkerbekkige ouers het. Kos is baie lekker en die Nando's waar ons was in London was amazingly mooi binne.


Ons was ook by die grootste kosmark in London - die Borough Market - alles en nog wat. Vars eend en bok en vis en ander weird en wonderful goeters en njammie chocolate brownies. Maar baie besig.


Vir Kersdag het ek by Marks & Spencers gaan kitskos koop!! Klaargestopte kalkoen, reg vir die oond, klaargemaakte cranberry en port sous, mikrogolf brussels sprouts, gebakte aartappels - presies net soos die Engelse van hou - en glad nie te sleg nie.


Kinders is natuurlik vreeslik bederf - ek moes opmaak vir die feit dat ons in die vreemde en koue moes kersfees hou!!

No comments: