Wednesday 10 November 2010

Watter paadjie om te stap...?

Nou dat die Ingelse weer die tyd teruggedraai het is dit al vieruur donker en dan begin die donkerte in my gemoed ook terugsluip.

Ons het vroeg die week gehoor dat ons Australiaanse visas dalk vinniger gaan kom as wat ons gedink het - miskien teen middel volgende jaar.  So binnekort gaan ons moet besluit - hier in Europa of daar in die verte...

Want alhoewel ek aan die begin (wel die eerste 3 jaar) baie gekerm het oor hier is dit nie so sleg nie.  My kinders geniet hulle skool alhoewel ek steeds dink dat Silke te klein is vir skool.  Ons verken die wereld sommer maklik.  Dis mooi groen. 

Maar ek wil 'n groter blyplek he, 'n huis vir my hart waar die kinders hulle maats na toe kan nooi en hulle lekker kan speel.  Met 'n hond en 'n kat en 'n groentetuin.

Ek wil die son op my vel voel en in die oggend net 'n sonrokkie aantrek en kaalvoet op die teels loop.

Miskien moet ons tog die nuwe wereld gaan verken...

1 comment:

Sandra said...

Gou hier by jou ingeloer en bietjie gelees wat julle alles daar in die nat wereld doen