Wednesday, 24 October 2007

Kampeervakansie in Frankryk Augustus 2007






































Ons vakansie was fabulous!! Basiese akkommodasie (permanente karavaan) maar die kinders ws in hulle element - slides, swembaddens, speelplekke en die SEE!!





En ons was mal oor Concarneau en Quimper en Mont St. Michel. En natuurlik die SEE!


Dan was daar natuurlik die breton pannekoeke en cider en galletes (franse koekies wat smelt in jou mond) - yum.




En om groceries te koop in 'n Franse supermark is 'n belewenis. Alles is ... wel so Frans. So as jy nie die instruksies op die pakkie cous cous verstaan nie dan kan jy altyd iemand vra... maar raai wat - in Bretagne is die kans dat hulle Engels praat maar skraal. Ons kon darem iemand opspoor - hulle is baie vriendelik en altyd bereid om te help. O ja en geen bruin brood nie. Eintlik geen brood wat lyk soos 'n brood wat ons ken nie, net french loaves en croissants ens. Lekker vir vakansie ja.


Een ding wat waar is van Frankryk - die kos is delicious. Waarookal ons gegaan het, van die vulstasies langs die pad tot die stalletjies wat pannekoek verkoop tot 'n fancy seekosrestaurant - kos is defnitief hulle ding!



En wat lekker is van die kampeerdery is elke karavaan het kinders in, so Mieke het lekker maatjies gemaak en hulle het oor en weer gekuier. En by St. Pair (2de plek in Normandy) het sy 'n franse maatjie gemaak nogal. Waaroor hulle gepraat het weet ek nie...























Tuesday, 31 July 2007

Pret by Fishers Farm Park




Na 'n effense verdwaal kom ons by Fishers Farm Park. Gelukkig was dit vadersdag so Werner het verniet ingegaan. Die kinders (en grootmense) het groot pret gehad. Meer goed om te doen as diere, maar dit was 'n heerlike dag!


Sannette, Brian & Mia kom kuier









Dit was heerlik om weer vir Sannette hulle te sien, en Mieke en Mia was sommer dadelik weer groot vriende. Ons het baie geshop, rondgeloop en gekuier.

Ouma kom kuier





Ons het lekker gekuier, rondgery, vakansie gehou en in die downs gaan piekniek hou (wel soortvan). Die kinders het dit vreeslik geniet en Silkie was dadelik mal oor haar Ouma, al sien sy haar min.

Friday, 29 June 2007

Vakansie in Devon








Ons het by Finlake Holiday Park in Devon gebly, in 'n luxury forest lodge met 'n jacuzzi en sauna. Mieke het die jacuzzi so geniet dat ons net een keer swembad toe was. Ouma was saam so ons kon bietjie laat slaap (as Mieke ons nie kom pla nie)





Verder het ons Devon platgery en geloop en die volgende besoek:







Babbacombe Mini Village - tot met vuurspuwende groen draak op King Arthur se kasteel en mini Stone Henge.




Cantonteign Falls



Beach (of die engelse idee van)

Powderham Castle






Farm Park (Ek wil 'n varkie he...)

































Thursday, 26 April 2007

Bocketts Farm


Hier was ons Bocketts Farm toe, dis heerlik vir die kinders met plaasdiere, klein trekkers om in te ry, groot speelareas binne en buite, al te lekker. Hulle het dit baie geniet, veral hierdie groot slides. Was natuurlik poegaai gespeel... Ek hoor nou hier naby is 'n ander een - Fishers Farm, wat nog nicer is....

Uitstappie na Wisley Gardens





Ons was Sondag RHS Wisley Gardens toe, wat net hier naby is. Dis amper soos botaniese tuine, maar nog groter met baie formele tipe tuine. Die kinders het geniet om rond te hardloop en dit was heerlik warm, amper te warm!!