Thursday, 15 January 2009

Hoe lyk baie baie baie baie koud??

Dis hoe... Ek het die foto Saterdagoggend uit ons slaapkamervenster geneem. Die minimum temperatuur was Vrydagaand -9 Celsius en dit het Saterdag darem opgewarm na so -1 Celsius toe deur die dag.

Die wit is 'frost' en alles is wit geys - waterdruppels op die kar is gevries en orals waar mens loop of ry is die pad spierwit en glad.

Maandag toe is dit weer terug na ons lekker Engelse weer, bewolk en reen heeldag maar warmer - ek was baie bly vir die reen want die koue van die afgelope twee weke is een te veel vir my.

Ek besef anderdag ek kan nie meer Engels praat nie. Toe ek my mond oopmaak om met een van die ma's by die skool te praat toe wil daar niks uitkom nie. Kan jy glo ek bly in Engeland en ek praat minder Engels as in Suid Afrika toe ek gewerk het. Want ek praat heeltyd Afrikaans by die huis en praat net Engels wanneer iemand met my praat by die skool. Vanaand is FOPS meeting en ek reel die 'Art Exhibition' vir die skool so ek sal vinnig moet oefen met die Engels!

Mieke het vandag met haar vioollesse begin en raai wat - haar vioolonderwyser Mr Norkie (dis hoe hulle dit spel maar ek is seker dis Nortje) is van Suid Afrika. Sy was egter baie teleurgesteld want hulle het nie eens 'plucking' gedoen nie, hulle het net die name van die dele van die viool geleer. Hoe 'stupid' soos sy se. Maar sy is baie impressed want Mr Norkie speel al 29 jaar die viool - hy het begin toe hy 4 of 5 was.

Ek tob op die oomblik gedurig oor ons situasie. Wat is beter - om veilig maar koud en effe ontevrede hier te bly, of om terug te gaan Suid Afrika toe en bederf en onveilig te wees... Of Australie toe te gaan en daar veilig en warm en ontevrede te wees. Wie ken die antwoord - my kinders se bleek gesiggies met donker kolle onder hulle oe maak my nie beter voel nie. Die is kinders van die lig en son, hulle moet kaalvoet loop en buite speel!!

Ek kyk na Mieke se skoolfoto van haar Montessori kleuterskool - alle kleure maatjies saam maar tog so gelukkig en bruin en blink - was dit tog so sleg? Hier is die kinders almal so bleek en ernstig en my kind raak al hoe ernstiger (en bleker).

My ingilse vriendin vra wat is dit wat ek mis, wat skort, wat is fout met hierdie plek. Wat kan ek se - ja dis honderde klein dingetjies wat eintlik belaglik klink in hulle onbelangrikheid. 'Its just not what I'm used to' Maar hoe lank vat dit om gewoond te raak - defnitief langer as twee jaar, miskien 10? Ek weet nie... Dit voel steeds of ek iewers anders is as waar ek hoort, of daar 'n ander lewe is wat ek besig is om mis te loop.

Home is where the heart is but my heart is where my home was...

No comments: